Lees ook: Australiërs eet krokodil wat hulle troeteldiere gejag het
AUSTRALIЁ. – Menslike oorskot, waarskynlik van ‘n man wat vermis geraak het terwyl hy saam met sy familie met vakansie in Australië was, is in ‘n krokodil gevind.
Die man, David Hogbin (40), het vermis geraak na hy Saterdag by ‘n rivierbank afgeval het en nooit weer gesien is nie. ‘n Krokodil, wat merke op sy snoet gehad het, was glo naby die plek waar Hogbin verdwyn het.
Wildbewaarders het Maandag ‘n krokodil van 4.9 m met merke op sy snoet van kant gemaak en menslike oorskot in sy ingewande gevind.
Dit is nog nie bo alle twyfel bevestig dat die oorskot wel van Hogbin is nie, maar die soektog na hom is opgeskort.
Bronne: The Independent, Newsweek, Sky News Australia
Lees ook: Australiërs eet krokodil wat hulle troeteldiere gejag het