Polisiesersant op aanklag van roof in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Polisiesersant verbonde aan die Kaapstadse taktiese reaksie-eenheid (TRT) is op aanklag van onder meer roof in die Mthumbane-woonbuurt in Port St. Johns in hegtenis geneem.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die aanklagte teen die sersant is roof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Die misdaad het glo op 31 Julie plaasgevind. Volgens rapportering was die sersant na bewering in ‘n gewapende rooftog betrokke waartydens hy deur die slagoffers aangerand is. Hy is glo tydens die misdaad deur die slagoffers oorweldig en ontwapen, waarna die polisie ontbied en die vuurwapen aan hulle oorhandig is. Die sersant is vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en roof aangekla. Die vuurwapen is gekonfiskeer.

“Die polisieondersoek is egter aan die gang. Sodra hy van sy beserings herstel, sal hy op aanklagte in die Port St Johns-landdroshof verskyn.”

Lt.genl. Nomthetheleli Mene het kriminele aktiwiteite en korrupsie binne die polisie veroordeel.

“Hierdie arrestasie wys dat die SAPD nie korrupsie deur lede wie se mandaat dit is om misdaad te bekamp en alle burgers te beskerm, sal duld nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief