WENE. – Popster Taylor Swift se Eras-konsert in Wene is gekanselleer weens vrees dat dit ‘n teiken vir ‘n moontlike terreuraanval kan wees. Die drie geskeduleerde konserte, wat op 8, 9 en 10 Augustus 2024 sou plaasvind, is gekanselleer ná ’n veiligheidsoperasie deur Oostenrykse owerhede uitgevoer is.
Die organiseerders, Barracuda Music, het laat Woensdag op Instagram gesê: “Ons het geen ander keuse nie as om die drie geskeduleerde vertonings vir almal se veiligheid te kanselleer.” Dit nadat regeringsamptenare bevestig het daar is bewyse gevind van ‘n beplande aanval by die Ernst Happel-stadion.
Volgens ‘n nuusberig deur AP News het die Oostenrykse polisie ’n 19-jarige man in hegtenis geneem wat verbind word met ekstremistiese aktiwiteite. Organiseerders het bevestig dat die konsert afgelas is om die veiligheid van die konsertgangers en die kunstenaars te verseker. Kaartjies sal volledig vergoed word.
Bronne: AP News, Instagram





