Voetganger onthoof in tref-en-trap

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Voetganger, vermoedelik ‘n slagoffer van ‘n tref-en-trap-ongeluk, se onthoofde liggaam is Sondag op die M41 in Umhlanga ontdek.

Reaction Unit South Africa sê verbygaande motoriste het die operasionale sentrum omstreeks 20:30 gekontak oor liggaamsdele wat in die pad lê.

Reaksiebeamtes het met aankoms op die toneel op ‘n lyf, bene en arms afgekom. Die kop kon nêrens gevind word nie. Die oorledene was vermoedelik ‘n slagoffer van ‘n tref-en-trap-ongeluk.

“Die voertuig wat in die ongeluk betrokke was, het nie op die toneel gestop nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief