LIMPOPO. – ‘n Vrou (92) het Donderdag geslaap toe verdagtes haar huis in ga-Choke betree en haar volgens die polisie brutaal vermoor het, met ‘n lap vasgemaak en in ‘n badkamer gelaat het.
Kol. Malesela Ledwaba sê die Gilead-polisie het ‘n massiewe soektog na die verdagtes geloods, aangesien die agtvertrekwoning in die Sterkwater-woonbuurt boonop mét die bejaarde slagoffer aan die brand gesteek is.
Die slagoffer is deur polisielede in die badkamer ontdek. Oorsaak van dood sal deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word.
Lt.genl. Thembi Hadebe het haar hartseer oor die misdaad uitgespreek en polisielede opdrag gegee om na die verdagtes te soek.
Enigiemand met inligting word gevra om sers. Tshepho Hlako by 076 853 3336 te bel.





