18-jarige aangeval, sterf in hospitaal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Mlungisi Stwayi (18) het op Saterdag 20 April kopbeserings tydens ‘n aanval opgedoen en die volgende dag gesterf. Twee verdagtes verskyn vandag op aanklag van moord in die Oudtshoorn-landdroshof.

Sers. Christoper Spies sê ‘n ondersoek het bevind Stwayi is naby Black Joint in Bongolethu aangeval. Hy het omstreeks 21:00 met ernstige kopwonde by die huis aangekom. Hy is na ‘n hospitaal geneem waar hy omstreeks 05:30 die volgende oggend gesterf het en die polisie ontbied is.

Verdagtes van Bongolethu, 17 en 18 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief