Bejaarde (82) bly in aanhouding wat glo kind verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Bejaarde verdagte (82) wat na bewering ‘n meisie (8) op Petrusburg verkrag het, bly in aanhouding totdat die saak weer op 22 Augustus vir formele borgaansoek voorkom.

Sers. Sinah Mpakane sê die slagoffer is van ‘n plaaslike laerskool. Daar word beweer ‘n ouer het tydens ‘n skoolvergadering in Julie vir ‘n onderwyser gesê ‘n sekere meisie vertel ander sy gaan normaalweg na die verdagte se huis waar sy saam met hom slaap.

Mpakane sê dit is aan die polisie gerapporteer en die verdagte is in hegtenis geneem.

Die saak is na Jacobsdal-GKS vir ondersoek oorgeplaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief