Nick Frischke-saak gaan voort sonder publiek in hof

Lees ook :

Nick Frischke-saak gaan voort sonder publiek in hof
Nick Frischke-saak gaan voort sonder publiek in hof fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nick Frischke-verdagtes vandag weer in die hof

WYNBERG. – Die verdagtes in die Nick Frischke-saak het onskuldig gepleit op alle aanklagtes.

Die verdagtes word aangekla van roof met verswarende omstandighede, huisbraak, onwettige besit van vuurwapens en onwettige besit van ammunisie. Frischke het verlede jaar in Februarie verdwyn toe hy op Karbonkelberg gaan stap het. Sy besittings is in die huise van die verdagtes gevind.

Twee getuies het gevra om hulle verklarings in camera aan die hof te gee, omdat hulle bekommerd oor hulle veiligheid is. Die verdagtes is glo deel van die 28’s bende.

Die saak is eers vir die publiek gesluit en die families en vriende van die beskuldigdes sal nie toegelaat word in die hof tot die twee getuies se getuienis gelewer is nie. Die media is ook uitgesluit van die hofverrigtinge.

Bronne: IOL, TimesLIVE, Daily Voice

Lees ook: Nick Frischke-verdagtes vandag weer in die hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief