Lees ook: Eerste geval van a-pokke in Filippyne aangemeld
KONGO. – Die gesondheidsdepartementshoof van die Republiek die Kongo het gesê die eerste entstof teen a-pokke sal volgende week in die land afgelewer word.
Die VSA en Japan het aangebied om entstof aan die Kongo te skenk om te help teen die a-pokke-uitbraak.
Meer as 17 000 gevalle van a-pokke is in die Kongo aangemeld, terwyl 500 mense reeds vanjaar aan die virussiekte oorlede is.
Bronne: Medical Xpress, News Nation, AP News




