Saak teen polisiebeampte uitgestel nadat kleuter sterf

Lees ook :

Foto: Op lêer

SUID-KAAP. – AO Zolani Jele het Maandag in die George-landdroshof voorgekom. Die polisielid is deur Opod in hegtenis geneem nadat ‘n kleuter deur ‘n polisievoertuig gestamp is wat glo deur hom bestuur is. Die kleuter is noodlottig in die voorval beseer.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die saak is tot 3 September uitgestel. Verdere ondersoek word gedoen.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Adjudant-offisier (46) is op aanklagte van strafbare manslag, poging tot moord en regsverydeling in hegtenis geneem nadat ‘n kleuter (4) gesterf en nog een (3) op 29 Julie beseer is.

Phaladi Shuping, woordvoerder vir Opod, die polisiewaghond, sê die kinders is glo omstreeks 13:40 deur ‘n wit Nissan Hardbody-bakkie in Nelson Mandela-boulevard in Thembalethu gestamp. Die kleuters is vir behandeling na ‘n hospitaal vervoer, waar die 4-jarige aan beserings gesterf het. Die 3-jarige is behandel en ontslaan.

Na bewering was die kleuters aan die stap toe hulle gestamp is. Die voertuig het nie na die ongeluk stilgehou nie. Later is bevind die voertuig behoort aan die Thembalethu-polisiestasie. Verdere ondersoek het aan die lig gebring die adjudant-offisier het die voertuig ten tyde van die ongeluk bestuur.

Opod het die ondersoek oorgeneem en na gesprekvoering met staatsaanklaers is ‘n lasbrief vir inhegtenisname van die polisiebeampte uitgereik. Die polisielid is Vrydag in hegtenis geneem en sal vandag in die Thembalethu-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief