Ma van pasgebore babaseun gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die ma van ‘n pasgeborene wat hom Sondagoggend omstreeks 07:45 by Dagbreek-woonstelle in Welkom se hek gelos het, word gesoek.

Kapt. Stephen Thakeng sê die gemeenskap se hulp word gevra om die ma op te spoor.

Volgens verslae het ‘n inwoner van die woonstelle die babaseun sonder klere by die hek aangetref en die polisie ontbied. Die baba is vir mediese aandag in ‘n hospitaal opgeneem.

‘n Saak van poging tot moord word ondersoek en enigiemand wat inligting van die babaseun se ma het, word gevra om speur.sers. Sinah Mvundle van Welkom-GKS by 078 095 7328 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief