Lees ook: Stigter van Telegram in hegtenis geneem
PARYS, FRANKRYK. – Pavel Durov, die stigter van Telegram, is die naweek by die Boerget-lughawe in Frankryk in hegtenis geneem.
Owerhede in Parys beweer Telegram laat kuberkriminele en dwelmhandelaars toe om op Telegram te werk sonder om dit stop te sit.
Durov word aangekla op 12 aanklagtes, insluitend medepligtigheid aan dwelmhandel en geldwassery en om die verspreiding van kinderpornografie te vergemaklik.
Hy word ook ondersoek vir sy weiering om met die ondersoekers saam te werk.
Bronne: HyperText, Big News Network, PBS
Lees ook: Stigter van Telegram in hegtenis geneem





