Man sterf in huisbrand in Lovemore Park

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Man (38) is Woensdagoggend in ‘n brandende huis in Lovemore Park in Gqeberha dood.

Kapt. André Beetge sê die polisie is omstreeks 09:00 na ‘n klagte van ‘n brandende huis. By hul aankoms is ‘n vrou en ‘n kind buite die huis gevind, albei met ligte beserings aan hul koppe. ‘n Gedeelte van die huis is heeltemal deur die vlamme vernietig en die man se liggaam is volledig uitgebrand in een van die kamers gevind.

Beetge sê die oorsaak van die brand word ondersoek.

‘n Geregtelike doodsondersoek word deur die Walmer-polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief