Kamala Harris en Donald Trump pak mekaar in vurige presidensiële debat

Lees ook :

Kamala Harris en Donald Trump het vurige presidensiële debat
Kamala Harris en Donald Trump het vurige presidensiële debat fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Taylor Swift spreek steun vir Kamala Harris as president uit

VSA. – Kamala Harris en Donald Trump het gisteraand ‘n vurige presidensiële debat gehad waarin Harris vir Trump as ‘n “vriend van diktators” bestempel het en hy haar ‘n “Marxis” genoem het.

Trump het Harris vir ‘n Marxis uitgekryt en beweer sy en Biden het “miljoene mense van tronke en geestesgesondheidfasiliteite in ons land toegelaat”.

Harris het uitgewys dat Trump ‘n misdaadrekord het en het gesê dit is ‘n “tragedie” dat hy deur sy loopbaan “velkleur gebruik het om Amerikaanse mense te verdeel”.

Sy het ook gesê “wêreldleiers lag vir Donald Trump” na hy daarop aangedring het hy het die 2020-verkiesing gewen.

Hulle het mekaar ook leuenaars genoem oor hulle onderskeie beleide oor aborsies.

Bronne: IOL, CNN, Huffington Post

Lees ook: Taylor Swift spreek steun vir Kamala Harris as president uit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief