GAUTENG. – Khloë Pottas (9), ‘n gr. 4-leerder van Laerskool Selectionpark in Springs het Vrydagaand in ‘n ongeluk gesterf.
Die gesin en grootouers was laataand in verskeie voertuie van ‘n kerkfunksie onderweg huis toe, toe die ongeluk in Strubenvale plaasgevind het. Khloë, wat saam met haar ma en twee susters in ‘n voertuig was, is in die ongeluk oorlede. Leyla (12) is in ‘n kritieke toestand na Netcare Alberton-hospitaal gevlieg, terwyl ma Lesinda en Mario-reé (15) in die intensiewesorgeenheid van die Life Springs Parkland-hospitaal opgeneem is.
Bronne: Laerskool Selectionpark en Springs Advertiser





