Lees ook: Kamala Harris en Donald Trump pak mekaar in vurige presidensiële debat
Die liggame van twee Italiaanse en twee Suid-Koreaanse klimmers is op die Alpe se hoogste piek aan die Franse kant gevind na hulle oor die naweek verdwyn het.
Die klimmers is naby die bokant van Mont Blanc op ‘n hoogte van 4 700 meter gevind. Reddingsowerhede het gesê hulle is dood aan hipotermie.
Die klimmers het Saterdagmiddag gebel vir hulp na weersomstandighede vererger het, maar die reddingswerkers kon nie by hulle uitkom nie.
Franse owerhede gaan die voorval ondersoek.
Bronne: The Independent, Sky News, ABC News
Lees ook: Kamala Harris en Donald Trump pak mekaar in vurige presidensiële debat





