Bejaarde Britse burger dag na ontvoering gered

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ‘n Britse vroulike burger (84) is Vydag by Robertson gekaap en ontvoer. ‘n Saak is by die Robertson-polisie oopgemaak, waarna sy Saterdagoggend op Worcester gevind is.

Kapt. Frederick van Wyk sê die vrou is Vrydag net na 12:00 op die La Chasseurpad by Robertson ontvoer. Tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie is die slagoffer Saterdagoggend net voor 10:00 gered waar sy in ‘n onbewoonde sinkhuis in Zwelethemba, in Worcester aangehou was.

“Sy is dadelik vir waarneming na ‘n mediese fasiliteit geneem. Inhegtenisnemings moet nog gemaak word. Alle leidrade word opgevolg, in ‘n poging om diegene wat verantwoordelik is, vas te trek.”

Enigiemand met inligting word gevra om speur.brig. Makhaya Mkabile by 082 222 6746 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief