KWAZULU-NATAL. – Ses persone is Saterdagaand laat dood en talle is beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing op die R102 naby Darnall.
Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue sê paramedici het vasgestel twee voertuie het teen ‘n hoë snelheid gebots. Vyf persone is op die toneel dood bv verklaar. Nog een persoon was kritiek beseer en nog vyf ander het matige tot ernstige beserings opgedoen. Een van die beseerdes is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.
“Alle pasiënte is deur EMRS en IPSS Medical Rescue op die toneel gestabiliseer voordat hulle in die sorg van gevorderde lewensondersteunende paramedici na ‘n hospitaal vervoer is.”
Meyrick het KDM-brandweer, EMRS en Kwadukuza-polisie vir hulp op die toneel bedank en medelye aan die oorledenes se familie en vriende uitgespreek.
Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.





