R25 000 beloning vir vermiste 5-jarige uitgeloof

Lees ook :

Vermis

Foto in berig.

VRYSTAAT. – Ruth Sithole (5) het Vrydag omstreeks 14:00 in Letshabastraat, in Tumahole, vermis geraak.

Die SAPD het ‘n beloning van R25 000 vir die meisie se veilige terugkeer uitgeloof. Andersins vir die suksesvolle skuldigbevinding van die oortreders as ‘n misdaad gepleeg is.

Sers. Josephine Rani sê die 5-jarige se ma het haar Saterdag as vermis aangemeld. Die meisie was in ‘n swart rok met groen blomme geklee toe sy vermis geraak het.

Enigiemand wat weet waar die meisie is, kan speur.sers. Noliyiswa Masondo by 082 049 5208 bel.

Lt.kol. Juanita van Rensburg, die stasiebevelvoerder van Tumahole-polisiestasie, het ‘n gekoördineerde soektog na die meisie gelei waarby ongeveer 100 gemeenskapslede en verskeie polisie-eenhede betrokke was. Daar word steeds na die meisie gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief