OOS-KAAP. – Vier verdagtes het glo Maandag omstreeks 23:40 ‘n huisdeur in Hickorystraat in Arcadia, Bethelsdorp, oopgeskop en drie mans doodgemaak. Die polisie is op soek na die verdagtes.
Kapt. André Beetge sê ‘n man (57) is verskeie kere in die kop geskiet. Nog twee mans, onderskeidelik 21 en 23 jaar oud, is met ‘n skerp voorwerp in hulle nekke gesteek en het ook gesterf.
‘n Moordsaak met drie klagtes van moord word ondersoek.
Enigiemand met inligting word gevra om speur.kapt. Mone Sithole by 082 457 2812 te bel.





