GAUTENG. – Die Tshwane-distrikshospitaal vra die publiek wat moontlik na ‘n familielid soek om die lykshuis te besoek.
Die doel is om moontlik ‘n familielid wat onopspoorbaar was, te vind.
Hier onder is ‘n lys van oorledenes van wie die liggame nog nie opgeëis is nie. Van Maandag af word 21 dae gegee voordat die persone op die lys as armlastiges deur die staat begrawe sal word.






