Buurman oor R100 vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Phelo Fatuse (28) is vermoor na ‘n dispuut oor R100 ontstaan het. Lubabalo Lompi Dayimani (27) en Ntembeko Dayimani (23) is onderskeidelik 15 en 10 jaar tronkstraf vir die moord deur die hooggeregshof in Oos Londen gevonnis.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê die twee broers is op aanklagte van moord, inbraak, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Die Nayimani-broer het op 18 Maart 2023 gedwonge toegang tot die oorlede buurman se huis in die Ezizeni- informele nedersetting in Reeston naby Oos Londen verkry en R100 geëis wat aan hulle ma, ‘n geldskieter, geskuld is. Lindelihle Gcaza (32), Fatuse se meisie, het verduidelik hulle gaan dorp toe om die geld te trek.

“Lubabalo het ‘n mes tevoorskyn gebring en Fatuse gesteek. Gcaza is ook gesteek toe sy probeer ingryp het. Toe Fatuse probeer opstaan, het Lubabalo hom weer gesteek, waarna hy hom van sy bankkaart, ID en R70 kontant, wat die paar beplan het om vir vervoer te gebruik, beroof. Lubabalo het toe ‘n mes teen Gcaza se keel gehou en die PIN vir die bankkaart geëis. Ntembeko het in opdrag van sy ouer broer vir Fatuse in die been gesteek en ‘n selfoon en laaier gevat.”

Na die aanval het die broers van die toneel gevlug en van die gesteelde items na hulle ma geneem. Fatuse het weens sy beserings op die toneel gesterf.

“Tydens die verhoor het die broers onskuldig gepleit. Staatsadvokaat Andile Nohiya het Gcaza se getuienis, wat die moord aanskou het en self beserings tydens die gebeure opgedoen het, die nadoodse ondersoekverslag, verklarings van gemeenskapslede, asook getuienisse van mediese nooddienste en polisiebeamptes wat op die toneel was, gelei.”

Lubabalo Dayimani is tot 15 jaar vir moord, drie jaar vir inbraak, 10 jaar vir poging tot moord en 10 jaar vir roof met verswarende omstandighede gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Ntembeko Dayimani is tot 10 jaar vir moord, twee jaar vir inbraak, sewe jaar vir poging tot moord en agt jaar vir roof met verswarende omstandighede gevonnis. Hy sal ook sy vonnisse gelyktydig uitdien.

Die vonnis is deur die NVG verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief