GAUTENG. – Twee kontrakwerkers van Solid Management het Saterdagmiddag in ‘n mangat in die middestad van Johannesburg gesterf, terwyl nog drie kontrakwerkers gered is.
Nana Radebe-Kgiba, woordvoerder vir City of Joburg EMS, sê dié diens is na ‘n mangat op die hoek van Commissioner en Von Brandisstraat waar kontrakwerkers vasgekeer is.
Die drie kontrakwerkers wat uit die mangat gered is, is na nabygeleë mediese fasiliteite vervoer.





