KYK: Waarskuwings vir ontwrigtende weer uitgereik

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Verskeie waarskuwings vir ontwrigtende weer is vir gedeeltes van die land uitgereik. Swaar reën en vloede word van Sondag tot Dinsdag oor dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag.

‘n Oranje vlak 6-waarskuwing vir onwrigtende reën wat tot Maandag kan voorduur, word langs die kus en aangrensende binneland tussen Port Alfred en Mtunzini voorspel. Die reën kan tot oorstromings lei.

‘n Geel vlak 4-waarskuwing vir erge donderstorms word tot Maandag vir die meeste dele van KwaZulu-Natal, uiterste suidelike dele van Mpumalanga sowel as die uiterste oostelike dele van Vrystaat voorspel. Die hael en wind kan skade veroorsaak.

‘n Geel vlak 4-waarskuwing vir ontwrigende reën geld vir Nelson Mandelabaai-metro, Kouga, Sondagsriviervallei, Makana, Mdlambe en Ngqushwa- plaaslike munisipaliteit tot Maandag, maar kan moontlik tot Dinsdag voortduur. Die ontwrigtende reën kan vloede en skade veroorsaak.

‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms wat tot Maandag kan voortduur, is vir die uiterste noord-oostelike dele van KwaZulu-Natal, Oos-Vrystaat, oostelike Noordwes Provinsie, Gauteng en die Hoëveld van Mpumalanga sowel as uiterste suidwestelike dele van Limpopo voorspel. Die donderstorms kan tot skade lei.

‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir ontwrigtende reën tot Maandag is vir suid van die oostelike platorand in Oos-Kaap voorspel. Die ontwrigtende reën kan tot oorstroming lei.

Lees die volledige weerdiens voorspelling hier.

Bronne: South African Weather Service en Vox Weather

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief