Korrektiewe fasiliteite in Atteridgeville en Polokwane deursoek

Lees ook :

Foto's: Departement van Korrektiewe Dienste

LIMPOPO en GAUTENG. – Makgothi Thobakgale, die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, het leiding geneem met operasies waartydens die korrektiewe fasiliteite deursoek is.

Singabakho Nxumalo sê die operasies is daarop gemik om enige smokkelary en onwettige aktiwiteite hok te slaan en te elimineer. Daar word seker gemaak daar word aan standaard prosedures voldoen en om te verseker die hoogste standaard van sekuriteit en dissipline word binne die fasiliteit gehandhaaf. Tydens die deursoeking is daar op die konfiskering van gesmokkelde items soos selfone, dwelms, wapens en ander ongemagtigde items gefokus.

Donderdagaand het ‘n verrassingsoperasie vir deursoeking by die Atteridgeville korrektiewe fasiliteit vir vroulike oortreders onder Kgoši Mampuru II Bestuursgebied in Gauteng plaasgevind. Vrydagaand is ‘n derusoeking by die Polokwane korrektiewe fasiliteit uitgevoer.

“Thobakgale het sy waardering teenoor die DKD-noodontersteuningspan se lede en die SAPD uitgespreek vir die deurlopende soektogte wat by alle DKD-fasiliteite uitgevoer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief