Tiener wat kleuter (2) verkrag en vermoor gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Frans Hendricks (18) is deur die Makhanda-hooggeregshof ‘n vonnis van 25 jaar vir moord en 22 jaar vir die verkragting van ‘n kleuter opgelê. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê Hendricks was 17 jaar oud op 19 November 2023 toe die kleutermeisie op die plaas Uitkomst in KwaNojoli (Somerset-Oos) sy slagoffer was. Die kleutermeisie en haar tweelingsussie het hulle grootouers op die plaas besoek. Hendricks het op die aangrensende plaas gewoon en gewerk.

Op die betrokke aand het Hendricks saam met vriende by die kleuter se grootouerhuis saam met vriende gekuier en gedrink. Nadat hy die huis verlaat het, het hy die kleuter teëgekom en haar na nabygeleë bosse geneem. Nadat hy haar verkrag en vermoor het, is hy terug na die huis asof niks verkeerd is nie.

Die oupa het die volgende dag na die kind begin soek nadat hy die vorige aand gedink het sy slaap in een van die ander huise op die plaas. Hy het op 21 November op haar lewelose liggaam afgekom. Hendricks is dieselfde dag gearresteer.

In Hendricks se pleitverduideliking het hy verklaar die kleuter was bang, maar hy het haar gegryp en verkrag. Hy het besef sy kan hom identifiseer, waarna hy haar met ‘n stuk hout doodgeslaan het.

“Vir vonnisoplegging het die staatsadvokaat Heinz Obermeyer bewyse van die nadoodse ondersoek voorgelê wat die brutaliteit en erns van die aanranding op die weerlose kind beklemtoon. Sy het verder aangevoer dat Hendricks se optrede ‘n algehele miskenning van menselewe en waardigheid getoon het en dat die gemeenskap se belang in vergelding en afskrikking ‘n streng vonnis regverdig.”

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief