Drankperseel-eienaars in noodhulp opgelei

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Eienaars van drankpersele is die afgelope twee dae (Donderdag en Vrydag) deur die Save a Life-projek in basiese noodhulp opgelei.

Lt.kol. Sergio Kock sê die projekopleiding deur die polisie se FLASH-eenheid (Firearm, Liquor and Second Hand Goods), SA Brouery (SAB) en die SA Dobbel en Drankraad het by Six Tavern in Galeshewe plaasgevind.

“SAB het MEY Hassan Training Consultants gekry om drankperseeleienaars, as eerste reageerders in geval van enige gebeurlikheid by ‘n drankperseel, terwyl hulle op die koms van mediese bystand wag, in basiese noodhulpprosedures op te lei.”

Kock sê die drankperseeleienaars moet weet as eerste reageerder is elke minuut deurslaggewend om ‘n lewe in ‘n mediese noodgeval te red. Die drankperseeleienaars spog nou met geakkrediteerde sertifikate in basiese noodhulp.

“Die SAPD se FLASH-lede het ook die geleentheid gebruik om veiligheidswenke aan drankperseeleienaars oor te dra, met betrekking tot verantwoordelike verkoop en bedryf by drankafsetpunte, veral omdat ons op pad is na die warm somermaande en feesseisoen. Deur hierdie noodsaaklike wenke te volg, kan drankperseeleienaars risiko’s verminder en hul kliënte kan ‘n veilige aand uit geniet.”

Kock herinner om altyd noodkontaknommers op spoedskakel te hê.

“Wanneer jy in ‘n gevaarlike situasie verkeer, bel jou naaste polisiestasie of 08600 10111, of die Stop Gender Violence Helpline by 0800 150 150.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief