Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom
Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, sê die besluit van die Internasionale Strafhof om lasbriewe vir die inhegtenisneming van hom en nog twee persone uit te reik, is “anti-Semities”. Lasbriewe is ook uitgereik vir die voormalige Israeliese verdedigingsminister Yoav Gallant en Hamas-leier Mohammed Deif.
Die lasbriewe vir Netanyahu en Gallant is volgens die IS vir onmenslike oorlogsmisdade wat neerkom op misdaad teen die mensdom. Deif is na bewering in ‘n Israeliese lugaanval oorlede.
Die lasbriewe is geklassifiseer as “geheim” sodat getuies beskerm sal wees en om seker te maak die ondersoek verloop glad.
Bronne: The Citizen, BBC, UN News
Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom





