‘Ontvoering’ gefnuik, vermeende sindikaat onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Verdagtes wat glo Dinsdag onderweg was om ‘n sakeman in Benoni te ontvoer, is in hulle spore gestuit toe wetstoepassingsowerhede van hulle planne te hore gekom het. Een verdagte is in Ivory Park doodgeskiet en nege is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê die polisie het boonop drie vuurwapens en ‘n voertuig wat tydens die misdaad gebruik is, gekonfiskeer.

Volgens voorlopige rapportering het die polisie se teen-kapingseenheid, misdaadintelligensie, hoofwegpatrollie, plaaslike kriminele rekordsentrum, Ivory Park-lede, Gauteng-verkeer, Johannesburg-metropolisiediens en verskeie veiligheidsmaatskappye saamgewerk om die ontvoeringsplan te fnuik.

Die vermeende lede van die sindikaat is suksesvol onderskep. Een van die verdagtes het op polisielede geskiet. Die polisie het teruggeskiet en die verdagte is noodlottig gewond, waarna die ander nege gearresteer is. Die oorledene is onlangs uit die tronk vrygelaat.

Van Wyk bevestig die gekonfiskeerde voertuig en vuurwapens is positief met ander misdade verbind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief