MPUMALANGA. – Justice Malumane (27) is vir 15 jaar tronk toe gestuur nadat hy twee beweerde kommersiële sekswerkers wat betaling vir hulle dienste geëis het, aangeval en een gesterf het.
Brig. Donald Mdhluli sê die insident het op 25 Oktober 2019 in Hazyview plaasgevind toe die beweerde sekswerkers betaling vir hulle diensgte geëis en Malumane hulle met ‘n gebreekte bierbottel gesteek het. Een van die slagoffers het aan haar beserings gesterf, terwyl ‘n ander mediese behandeling in ‘n hospitaal ontvang het.
Malumane is gearresteer, waarna hy deur die Mbombela-streekhof skuldig bevind en tot 10 jaar vir moord en vyf jaar tronkstraf vir poging tot moord gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

