Sowat 96 kinders gearresteer tydens operasie teen onwettige myners

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Sowat 96 ongedokumenteerde kinders is saam met “onwettige myners” in Khuma, Stilfontein, gearresteer.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling sê in ‘n verklaring inligting van die gearresteerde kinders is ontvang, wat deel is van die operasie wat op die onwettige myners gemik is. Die kinders ontvang mediese dienste, regsdienste en akkommodasie terwyl hofverrigtinge in terme van die kindergeregtigheidswet afgewag word.

Die kinders is vermoedelik van die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wat 16 lande insluit, afkomstig. Daar word met ambassades en kulturele bemiddelaars saamgewerk om seker te maak die kinders se regte word volgens die grondwet, kinderwet, kindergeregtigheidswet, asook die Verenigde Nasies se Konvensie oor Kinderregte gehandhaaf. Die kinders se repatriasie en beskermde sorg word onder SA se internasionale wette gefasiliteer.

Die meeste van die onwettige myners en ongedukumenteerde kinders is volgens vermoede vanaf lande soos Mosambiek, Namibië, Zimbabwe en Lesotho.

Intussen word tolke gebruik om met die kinders te kommunikeer, en die departement onderneem om die nodige hulp te bied totdat hul herintegrasie in hul tuislande veilig en regverdig kan geskied.

Lees die volledige verklaring hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief