KYK: Dassie stel debuutenkelsnit vry

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen Skoll Fotografie

Dassie het Vrydag sy debuutenkelsnit, Wyne, vrygestel nadat hy deur Appel gementor is.

Fanie Nel van die Coleske Group sê die countrystyl-snit is treffend, geïnspireer deur Bok van Blerk, Ricus Nel en Appel. Dassie het self aan hierdie snkelsnit geskryf en gee hartroerend weer hoe mense bymekaarkom om hulle probleme met ‘n glimlag aan te pak.

“Ek het hierdie liedjie geskryf na ’n paar biere saam met een van my beste pelle. Ek het besef hoe ons regtig bymekaarkom om oor ons probleme te gesels. Ek glo baie mense kan aanklank vind by die liedjie omdat dit eerlik en eg is.

Nel sê Dassie se kreatiewe proses en produksie-ervaring was indrukwekkend. Wyne bied ‘n positiewe uitkyk op daaglikse uitdagings waarmee geworstel word.

Dassie stem saam en sê hy hoop om mense te laat lag, kuier en ‘n positiewe atmosfeer met die liedjie te skep. “Dit was ’n ongelooflike voorreg om saam met Appel en die span van Dee-Graaff Produksies te werk. Ons almal sit in dieselfde bootjie, maar party van ons se branders is net groter. Hierdie liedjie herinner ons daaraan om die oomblikke te geniet, dalk met ’n paar wyne in die hand, en vir ’n rukkie ons bekommernisse opsy te skuif. Ek wil hê mense moet hierdie liedjie aansit en vir ’n oomblik vergeet van hulle “krampe en pyne;” of jy nou in jou kar sit, by ’n braaivuur is, of net rustig in jou bed lê.”

Wyne se musiekvideo, wat op ‘n lekker saamkuier-ervaring gemik is, is deur Eric T Graham en Than Buys van ETG Creative by Jan se Skuld verfilm.

En wat staan vir Dassie uit? “Ek is bevoorreg om my talent te gebruik om ’n verskil te maak. Dit bly ’n hoogtepunt om saam met mense soos Appel te werk, wat my inspireer en ondersteun. Ek sal altyd dankbaar wees vir hierdie ongelooflike geleenthede.”

“Maak seker jy luister na Wyne en sluit aan by Dassie se missie om glimlagte, saamkuier en hoop met Afrikaanse musiek te bring,” sluit Nel af.

Dassie kan op alle sosiale platforms gevolg word. Wyne kan hier op alle platforms gekry word. Kyk die musiekvideo hier bo, of kry dit hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief