KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het gesterf en nog een het lewensbedreigende beserings opgedoen nadat hulle op die R102 naby Woodview Park in Phoenix van ‘n vragmotor afgeval het.
KZN VIP Protection Services sê die diens se ambulans is deur verbygaande motoriste vir hulp gebel. Die een man het geen teken van lewe getoon nie, terwyl die ander man op die toneel gestabiliseer is voordat hy na ‘n privaat mediese fasiliteit vervoer is.
Die omstandighede van die ongeluk word deur die polisie ondersoek. Alle nooddienste was op die toneel teenwoordig.





