Westville-tronk deursoek, items gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: Durban-metropolisie

KWAZULU-NATAL. – Die Westville-tronk is Woensdagaand tydens ‘n suksesvolle gesamentlike operasie deursoek en op verskeie onwettige items beslag gelê.

Durban-metropolisie sê onder meer het die trio-misdaadeenheid, veiligheidsdienste, die polisie en korrektiewe dienste die operasie meegemaak. Daar is op Medium B-gevangenes gefokus en verskeie onwettige items is in hulle besit gekry.

SIM-kaarte, selfone, selfoonlaaiers, geld, skerpgemaakte voorwerpe, toestelle, dwelms en alkohol is gekonfiskeer, wat vir verdere ondersoek aan Korrektiewe Dienste oorhandig is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief