WES-KAAP. – Kiara Scott Farmer (32) van Brookdale Estate, gebore en getoë in Mitchells Plain, is as die 2024 Diners Club Winemaker of the Year aangewys.
Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, het ‘n sertifikaat van erkenning aan Scott Farmer oorhandig: “Geluk, Kiara, Kaapstad is trots op jou!”
Volgens Hill-Lewis is Scott Farmer Suid-Afrika se jongste vroulike hoofwynmaker en skep sy wyne wat regoor die wêreld verkoop word.





