LIMPOPO. – Sewe insittendes is dood toe sewe voertuie, onder andere ‘n minibustaxi, Sondagoggend vroeg op die N1 langs die Ga-Phasha-woonbuurt in ‘n ongeluk betrokke was.
Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê nog vyf insittendes wat beseer is, is na ‘n hospitaal geneem.





