Verdagte in moord op Amerikaanse gesondheidshoof vandag in hof

Lees ook :

Verdagte in moord op Amerikaanse gesondheidshoof vandag in hof fotokrediet: X

Lees ook: 94 mense tydens sikloon Chido in Mosambiek dood

MANHATTAN, VSA. – Die man wat verdink word daarvan dat hy Brian Thompson, die hoof van ‘n afdeling van UnitedHealthcare in Amerika doodgeskiet het, sal vandag in ’n Manhattan-hof verskyn op aanklagtes van moord en terreur in ’n federale saak.

Luigi Mangione (26) is verlede week formeel aangekla in ’n staatsaak na hy ook in ’n federale saak oor die moord aangekla is. As hy in die federale saak skuldig bevind word, kan hy die doodstraf kry, terwyl die staatsaak hom lewenslank in die tronk kan laat beland.

Mangione het Brian Thompson glo op 4 Desember doodgeskiet terwyl hy op pad was na ’n konferensie met beleggers. Die koeëldoppies wat in die moord gebruik is, het glo die woorde “Deny”, “Defend” en “Depose” opgehad. Voor Magione se inhegtenisneming is ’n sak met Monopoly-geld gevind.

Hy is na ’n soektog van vyf dae in ’n McDonald’s in Pennsylvanië in hegtenis geneem.

Die polisie het beweer hy het ’n vuurwapen gehad soos die een wat in die skietery gebruik word, ’n vervalste ID en ‘n notaboek waarin hy kritiek teen die gesondheidsindustrie en ryk hoofde uitgespreek het.

Volgens die aanklaers in Manhattan word Mangione aangekla van terrorisme omdat die moord beplan was om mense vreesbevange te maak.

Verskeie mense het hulle ondersteuning vir Mangione saam met hulle frustrasie oor gesondheidsversekeraars op sosiale media uitgespreek.

Bronne: The Independent, The Boston Globe, US News

Lees ook: 94 mense tydens sikloon Chido in Mosambiek dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief