Lees ook: Bestuurder tydens storm in KZN doodgeskiet
DUITSLAND. – Vyf mense, insluitend ’n seun (9), is Vrydag 20 Desember dood in ’n aanval op ’n Kersmark in die suide van Duitsland.
Vier vrouens en die seun is dood en sowat 200 mense is beseer na ’n swart BMV SUV by die mark in Magdeburg ingeploeg het deur gebruik te maak van ’n toegangspad vir noodvoertuie.
Die polisie het gesê die bestuurder is gestop en in hegtenis geneem.
Die verdagte is Taleb al-Abdulmohsen (50), ’n Saoedi-Arabiese psigiater wat in 2006 in Duitsland aangekom het.
Die Saoedi-ministerie van buitelandse sake het gesê hulle het verlede jaar die Duitse regering oor al-Abdulmohsen gewaarsku, maar het geen reaksie gekry nie.
Bronne: BBC, The Independent, Daily Mail





