Lees ook: Buitelander in hof vir taxi-verwante klagtes van moord en poging tot moord
’n Bestuurder is gistermiddag doodgeskiet en ’n vrou beseer tydens ’n storm in Amoutana, KZN.
Reaksie-eenheid SA (Rusa) het ’n oproep oor die skietvoorval ontvang. Die bestuurder van ’n e-hailing-diens het vier passasiers gaan oplaai en het besluit om af te trek oor die swaar reën.
’n Man het op die bestuurder begin skiet en weggeloop. Hy het teruggegaan en weer op die voertuig geskiet voor hy in ’n onbekende voertuig weggery het.
Die gewonde man is oorlede en die vroulike passasier is in die been en boud geskiet. Die drie ander passasiers is nie beseer nie.
Geen motief vir die moord is bekend nie.
Bronne: Facebook
Lees ook: Buitelander in hof vir taxi-verwante klagtes van moord en poging tot moord





