OOS-KAAP. – Twee jong tieners, beide 13 jaar oud, het in die Groot-Keirivier verdrink.
Die NSRI sê hulle is Woensdag 11 Desember vir hulp oor verdrinkings gekontak. Terwyl die soektog na die twee tieners deur verskeie rolspelers voortgeduur het, is bevestig die plaaslike gemeenskap het op 13 Desember die liggame van beide die tieners, ongeveer 20 km van die Keiriviermond, gevind.
‘n Geregtelike doodsondersoek is vir elkeen van die tieners oopgemaak.





