Polisiebeamptes wat ‘huisroofklagte’ ondersoek, sterf

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Konstabels Sipho Mohapi (45) en Gedione Motloung (39), beide met meer as 12 jaar diens, is Saterdag doodgeskiet toe hulle ‘n klagte van beweerde huisroof ondersoek het.

Brig. Motantsi Makhele sê die Namahadi-beamptes was aan diens tydens die insident. ‘n Ondersoek deur die Valke is van stapel gestuur om diegene wat vir die dood van die beamptes verantwoordelik is, aan die pen te laat ry.

Enigiemand met relevante inligting om met die ondersoek te help, word gevra om kapt. Masekoa by 082 455 6063 te bel. 

““Hierdie sinnelose daad van geweld het ons organisasie en die Namahadi-gemeenskap in skok en rou gelaat. Ons betuig ons innige meegevoel met die families, vriende en kollegas van ons gevalle helde gedurende hierdie ongelooflike moeilike tyd,” sê lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale kommissaris.

 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief