Gesin van drie deur see meegesleur

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – ‘n Pa, ma en tienerdogter van Brits in Noordwes wat met vakansie is, is Vrydag by Sandstrand, in Jongensfontein, deur ‘n stroom die see in meegesleur.

NSRI-Stilbaai is geaktiveer en het saam met twee branderplankryers na die gesin, ongeveer 800 m van die strand, gehaas, waarna hulle uit die water gered is. Die ma is bewusteloos in die water aangetref, alhoewel sy steeds asemgehaal het. Sy is op ‘n branderplank gesit, terwyl die pa en tienerdogter aan die ander een vasgehou het.

Met aankoms van die NSRI-reddingstuig is die gesin en branderplankryers, nou ongeveer 1 km die see in, ingelaai. ‘n Lewensredder en branderplankryers is terug na die strand. Die ma op die boot het weer begin asemhaal en sy is vir nie-verdrinkingsimptome behandel. By die NSRI-basis is die gesin met hulle jongste dogter herenig.

Die gesin is na ‘n plaaslike dokterspreekkamer geneem waar hulle behandel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief