Talle persone tydens gaslek beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Sowat 12 persone is omstreeks 11:00 Maandagoggend in ‘n fratsgaslek in ‘n fabriek in Cato Ridge beseer.

Mi7 National Group sê verskeie spanne van die diens, sowel as spanne van Hibiscus-hospitaal, is na die toneel waar ‘n gebarste chloorgaspyp aangetref is. Werknemers van die fabriek en buureiendomme is geassesseer en gestabiliseer.

Sowat 12 persone is na verskeie plaaslike fasiliteite en hospitale vervoer. Meer persone is geassesseer, maar het nie mediese behandeling nodig gehad nie. Die fabriek se reaksiespan en Ethekwini se brand-en-reddingseenheid het die gaslek onder beheer gebring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief