KWAZULU-NATAL. – Sowat 12 persone is omstreeks 11:00 Maandagoggend in ‘n fratsgaslek in ‘n fabriek in Cato Ridge beseer.
Mi7 National Group sê verskeie spanne van die diens, sowel as spanne van Hibiscus-hospitaal, is na die toneel waar ‘n gebarste chloorgaspyp aangetref is. Werknemers van die fabriek en buureiendomme is geassesseer en gestabiliseer.
Sowat 12 persone is na verskeie plaaslike fasiliteite en hospitale vervoer. Meer persone is geassesseer, maar het nie mediese behandeling nodig gehad nie. Die fabriek se reaksiespan en Ethekwini se brand-en-reddingseenheid het die gaslek onder beheer gebring.