Trump probeer vonnisoplegging vertraag

Lees ook :

Trump probeer vonnisoplegging vertraag fotokrediet: Facebook

Lees ook: Donald Trump 10 Januarie gevonnis in swyggeldsaak

NEW YORK, VSA. – Donald Trump het sy vonnisoplegging, wat op 10 Januarie sal plaasvind, probeer vertraag deur die distriksprokureur en regter in die saak te probeer dagvaar.

Trump het Alvin Bragg en regter Juan Merchan probeer dagvaar oor hulle “miskenning” van sy presidensiële immuniteit en die feit dat Trump beveel is om in die hof te verskyn vir sy vonnisoplegging. Trump wou ook hê die vonnisoplegging vir sy skuldbevinding in die swyggeldsaak moet uitgestel word tot 27 Januarie, na sy inswering as president.

Die regter het sy versoek afgekeur en beslis die vonnisoplegging sal voortgaan. Merchan het verlede week bevestig hy sal nie vir Trump tronkstraf, probasie of ’n boete gee nie, maar ’n vonnis van “onvoorwaardelike ontslag” en Trump sal toegelaat word om teen die saak te appelleer.

Bronne: The Independent, ABC News, NBC New York

Lees ook: Donald Trump 10 Januarie gevonnis in swyggeldsaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief