Voormalige landdros/rugbyspeler in plas bloed op kleinhoewe aangetref

Lees ook :

Foto: SupaRugby

VRYSTAAT. – Piet Christiaan Bester (63), oudlanddros en ook destyds ‘n bekende rugbyspeler, se liggaam is Sondagoggend in sy huis op ‘n kleinhoewe in die Glen-omgewing in ‘n plas bloed aangetref.

Kapt. Loraine Earle sê Bester se liggaam, met verskeie wonde, is omstreeks 09:00 deur ‘n werker ontdek. Met samewerking van die polisie en die plaasgemeenskap is twee verdagtes vinnig in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 bel.

Earle sê aan Nuusflits Bester was ‘n legende by die Bloemfontein-landdroshof, voor wie menige verdagte ‘n eerste hofverskyning gemaak het.

SupaRugby beskryf Bester as ‘n vasskopstut-fenomeen: “Die Vrystaatse landdros sal onthou word vir sy skrumwerk vir Shimlas toe hulle as nasionale klubkampioene gekroon is. Bester het ook met legendes soos Os du Randt se gal gewerk. Dit was met die voorbereiding van ’95 se Wêreldbeker dat Kitch Christie vir Os Wanderers toe genooi het. Ná die lewendige skrumsessie het ‘n moedelose Os met sy kop in sy hande op die skrummasjien bly sit.”

Bester se broer, André, is ook as ‘n rugbyspeler bekend.

Toks van der Linde sê: ” Slegte nuus, nou verneem Piet Bester, voormalige Cheetahs-stut, naby Glen op plot vermoor. RIV OU SPANMAAT, SJOE, HOE TRAGIES.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief