SAPD sê oor Stilfontein-gerugte en leuens

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Die SAPD wil sekere kwessies wat met die Stilfontein- onwettige mynery en reddingsoperasie verband hou, regstel. Veral ten opsigte van verkeerde inligting en leuens.

Brig. Athlenda Mathe sê die eerste aangeleentheid is oor persoonlike inligting van gearresteerde verdagtes van die onwettige mynery.

“Die SAPD het sedert die terugkeer van onwettige myners na bogronds ‘n lys van diegene met twee gemeenskapsleiers gedeel. Dit is eerstens gedoen om deursigtigheid vir gemeenskappe te verseker, maar om ook te verseker dat gemeenskapslede die polisie sal bystaan ​​om die naasbestaandes van diegene wat by die onwettige mynbedrywighede betrokke is, op te spoor. Die SAPD het sedertdien met ontsteltenis verneem dat hierdie lyste wat name, nasionaliteite en geboortedatums insluit, wyd op verskeie sosialemediaplatforms gedeel is. Die SAPD ondersoek dus die deel van verdagtes se persoonlike inligting in die openbaar.”

Mathe sê die tweede aangeleentheid is die smous van leuens en verkeerde inligting oor skietwerk deur die polisie by skag 10.

“Die SAPD het by ontvangs van so ‘n bewering sy springstofspan opdrag gegee om skag 10 vir enige teken van ontploffing te inspekteer. Daar is bevind dat geen sodanige skiet- of opblaaswerk, soos waarna verwys word, plaasgevind het nie. Die SAPD herinner diegene agter hierdie beweringe dat dit volgens die plofstofwet 26 van 1956 artikel 27 (1A) ‘n oortreding is om vals inligting oor enige ontploffing of beweerde ontploffing te kommunikeer. Diegene wat dit wel doen, sal skuldig wees aan ‘n oortreding. Die SAPD het sy regspan oor ‘n pad vorentoe betrek.”

In die derde plek word beweer die polisie het ‘n vrywilliger in hierdie operasie gearresteer.

“Die bewering is sonder waarheid. Die vrywilliger is volgens die departement van korrektiewe dienste (DKD) op parool en het na bewering sy paroolvoorwaardes oortree. Die SAPD verwys hierdie aangeleentheid na die departement van korrektiewe dienste (DKD) vir verdere inligting en duidelikheid. Daar moet kennis geneem word dat die vrywilliger nie in polisie-aanhouding is nie.”

Mathe verseker Vala Umgodi sal aanhou om onwettige mynaktiwiteite in die Stilfontein-gebied te voorkom en te bekamp.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê Mzwandile Mkwayi is op 16 September 2013 aan moord skuldig bevind en is sedert 15 April 2021 op parool, wat op 15 September 2028 sal verstryk. Mkwayi is nie gearresteer nie, maar is vir ‘n administratiewe doel na hulle kantore in Klerksdorp geneem, aangesien hy sy paroolvoorwaarde om ‘n aangewysde area sonder vooraf reëling of goedkeuring te verlaat, oortree het. Mkwayi het ook die paroolvoorwaarde om sonder magtiging met die media te kommunikeer, verbreek.

Nxumalo sê ‘n formele waarskuwing is aan Mkwaye vir die oortreding van die paroolvoorwaardes uitgereik. Hy bly op parool en sal gemonitor word om die voorwaardes tot op 15 September 2028 na te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief