Kleinseun wat ouma vermoor lewenslank gevonnis

Lees ook :

Foto: NVG

MPUMALANGA. – Jay Peters (27) is deur die Nelspruit-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis, nadat hy sy ouma, Susanna Kilmster (68), op die plaas Cromdale in Nelspruit (Mbombela) vermoor het.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die NVG, sê Peters het skuldig gepleit vir die misdaad wat op 28 Februarie 2022 gepleeg is. Beide het op die plaas gebly. Die ouma is gewelddadig aangerand tydens ‘n argument en is oorlede.

Peters is op die betrokke dag gearresteer en was sedertdien in aanhouding. Sielkundige evaluering het aangedui Peters is geskik om verhoor te word. Hy het aanvanklik nie berou getoon nie en het eers onskuldig gepleit. Hy het later skuldig gepleit. Peters se pa het ter verswaring van die vonnisoplegging getuig oor die impak van die misdaad op die familie en hoe lief die oorledene vir Peters was.

Peters is met die lewensvonnis ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief