Families van apartheidslagoffers hof toe vir geregtigheid

Lees ook :

Families van apartheidslagoffers gaan hof toe vir geregtigheid fotokrediet: Canva

Lees ook: Meer as 1 500 mense dood op SA-paaie tydens feesseisoen

Verskeie families en oorlewendes van apartheid-era verwante misdrywe het ‘n aansoek by die Pretoria-hooggeregshof teen president Cyril Ramaphosa en die regering vir geregtigheid ingedien.

Die families wil grondwetlike skadevergoeding hê vir “politieke inmenging en die onderduk van sake” wat deur die Kommissie vir Waarheid en Versoening verwys is, maar nie ondersoek is nie.

Die families wil hê die regering moet R165 miljoen in skadevergoeding betaal. Hulle wil ook hê pres. Ramaphosa moet ‘n kommissie op die been bring om die beweerde politieke inmenginging te ondersoek wat gekeer het dat sake ondersoek is en verdagtes aangekla is.

Die hofaksie is oor die oortreding van die regte van die families en slagoffers en ‘n poging om agter die waarheid te kom oor die “moorde, gruweldade” en beweerde inmenging.

Pres. Ramaphosa en die regering het 15 dae om op die hofaksie te reageer.

Bronne: IOL, Daily Maverick

Lees ook: Meer as 1 500 mense dood op SA-paaie tydens feesseisoen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief