Twee verdagtes na roof op plaas gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Twee verdagtes is Dinsdag gearresteer nadat hulle glo ‘n sakeroof op die plaas Pathiki in Carletonville uitgevoer het.

Kol. Mavela Masondo sê aan Nuusflits vier verdagtes het na bewering omstreeks 04:00 die oggend van 16 Januarie die plaas betree en die veiligheidswag vasgebind. Een van die verdagtes het oor die veiligheidswag wag gehou, terwyl die ander by die huis ingebreek het. ‘n Sleepwa en elektriese ware is gesteel.

Die polisie het dadelik ‘n soektog na die verdagtes geloods, waarna twee op 21 Januarie in Randfontein gearresteer is. Van die items wat tydens die roof gesteel is, is in die verdagtes se besit gevind. Die polisie het ‘n voertuig wat vermoedelik tydens die uitvoering van die misdaad gebruik is, gekonfiskeer.

Masondo sê die ander verdagtes word nog gesoek.

Niels Nilsson van Stop Attacks and Farm Murders sê aan Nuusflits volgens Eesruf-plaaswag is die veiligheidswag aangerand totdat hy sy bewussyn verloor het en is met draad vasgebind. ‘n “Stof” is glo gebrand wat die plaaseienaar aan die slaap gehou het.

Nilsson sê voorts ‘n heining is geknip, waarna die verdagtes glo met ‘n vragmotor tot op die eiendom gery het. Items is glo uit die huis en ‘n stoor gesteel. Die veiligheidswag het sy bewussyn herwin en terwyl die verdagtes nog in die huis was, die plaaseienaar wakker gemaak. Dié het die polisie gekontak, waarna die verdagtes met die gesteelde items op die vragmotor gevlug het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief