GAUTENG. – ‘n Vrou (25) is Donderdag in Houghton op aanklagte van kinderpornografie en geldwassery in hegtenis geneem. Sy is die meisie van Darren Wilken (35) van Midrand, wat ook vir klagtes aangaande kinderpornografie gearresteer is en steeds in aanhouding is.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê die vrou is ‘n webontwerper van beroep. Darren Wilken, haar kêrel, is verlede week in hegtenis geneem. Met ‘n intensiewe ondersoek deur provinsiale en nasionale SECI (Serial and Electronic Crime Investigations) is bewyse gevind wat die vrou moontlik aan kriminele aktiwiteite koppel.
Tydens ‘n ondersoek op 17 Januarie is ongeveer 10 m. foto’s en video’s van kinderpornografie in Wilken se besit gevind. Wilken verskyn weer Dinsdag in die hof.
Die vrou sal Maandag op aanklagte in die Randburg-landdroshof voorkom.
Die ondersoek duur voort.
Lees meer hier: