Meisie van verdagte in kinderpornografiesaak gearresteer

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ‘n Vrou (25) is Donderdag in Houghton op aanklagte van kinderpornografie en geldwassery in hegtenis geneem. Sy is die meisie van Darren Wilken (35) van Midrand, wat ook vir klagtes aangaande kinderpornografie gearresteer is en steeds in aanhouding is.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê die vrou is ‘n webontwerper van beroep. Darren Wilken, haar kêrel, is verlede week in hegtenis geneem. Met ‘n intensiewe ondersoek deur provinsiale en nasionale SECI (Serial and Electronic Crime Investigations) is bewyse gevind wat die vrou moontlik aan kriminele aktiwiteite koppel.

Tydens ‘n ondersoek op 17 Januarie is ongeveer 10 m. foto’s en video’s van kinderpornografie in Wilken se besit gevind. Wilken verskyn weer Dinsdag in die hof.

Die vrou sal Maandag op aanklagte in die Randburg-landdroshof voorkom.

Die ondersoek duur voort.

Lees meer hier:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief